Wag-'n-bietjie is reg langs die Sorgsentrum gelee en is 'n simpleksontwikkeling. Eenhede wissel van 1 tot 2 slaapkamers maar enkele eenhede is ook ingerig as "Bachelor eenhede"As aftreetyd op hande is moet jy mooi kies waar jy wil woon. As jy Wag - ‘n - Bietjie kies , kies jy ‘n plaas , want dit is wat Kleinfontein is . Hierdie Hoëveldse lug en son lok jou na buite. Vroeg soggens roep die tarentale en kiewiete jou , en soms verraai hul spore dat die bokkies in die nag by jou spuitfonteintjie ‘n draai gemaak het. Die helder sterrenagte en witgerypte winter oggende bring ‘n stilte in jou binneste. Die oord bestaan huidig uit drie- en- dertig ruim gesellige wooneenhede .
Almal is met alarmknoppies verbind met die aangrensende Sorgsentrum vanwaar hulp , asook kliniekdienste beskikbaar is. ’n Kamer word spesiaal vir inwoners oopgehou vir nasorg na ‘n operasie . Middagete kan teen ‘n billike tarief by die Sorgsentrum geniet word, of na die die woonstelle gebring word. Die oord het enkele rolstoele , looprame , krukke en ander hulpmiddels wat aan inwoners geleen word. Daar is ook benewens die sentrale biblioteek , ‘n huis biblioteek wat tot die inwoners se beskikking is , by een van die wooneenhede . Elke eenheid het ‘n tuintjie wat instand gehou moet word . Die inwoners vind die gewerskaf in ‘n eie tuintjie uiters bevredigend. Vir meer inligting kontak Irene Groenewald by 0832288572