wag1
Ref : Wag1
Financial informations :
Price | Consult us |
---|
Details :
Te Koop: Netjiese 1-Slaapkamer Woonstel in Kleinfontein se Wag-‘n-Bietjie Kompleks – Ideaal vir die Afrikaner Kultuurliefhebber!
Is jy op soek na rus, veiligheid en 'n gemeenskap waar jou kultuur waardeer word? Dan is hierdie pragtige woonstel in die geliefde Kleinfontein Afrikaner Kultuurgemeenskap perfek vir jou!
Eiendomskenmerke:
• 1 ruim slaapkamer met ingeboude kaste
• Vol badkamer met bad, wasbak en toilet
• Groot oopplan leefarea – sit- eetkamer enk kombuis
• Toegemaakte sonstoep – perfek vir ‘n oggendkoffie of leeshoek
• Aparte opwas vir ekstra gerief
• Toegemaakte motorafdak
• Klein, netjiese tuin – maklik om te onderhou en ideaal vir ‘n blomliefhebber
• 1 slaapkamer woonstelletjie vir wanneer die kinders of kleinkinders wil oorslaap
Waarom kies Wag-‘n-Bietjie in Kleinfontein?
• Gevestigde Afrikaner kultuurgemeenskap
• Stil, veilige omgewing
• Nabye toegang tot geriewe binne die gemeenskap
• ‘n Plek waar tradisie, taal en samehorigheid steeds saak maak
• Naby winkelsentrums, hospitale
Moenie hierdie unieke geleentheid misloop nie – woon met trots in 'n gemeenskap wat jou waardes deel!
Kontak ons vandag nog om 'n afspraak te maak!
Skakel: Irene Groenewald by 083 228 8572
E-pos: irene@kleinfontein.net
Besoek ons webwerf: www.kleinfontein.net