Kleinfontein
  • Tuis
    • Gebruikers Area
    • Wat is Ons
    • Word Deel
      • Verblyfreg
      • Akte van Oprigting
      • Interne reels
      • Kaart van Kleinfontein
      • Heffings en kostes
      • Word 'n Vriend van Kleinfontein
      • Kleinfontein Afriforum tak
    • Sluit nou aan
    • Maak 'n Donasie
    • Aftree-Oorde
      • Kareepark
      • Sorgsentrum
      • Wag-'n-bietjie
    • Woongebiede
      • Nedersetting
      • Wildpark
      • Houthuispark
      • Hoewes
      • Dagbreek
    • Eiendomme te Koop of te huur
    • Huur of Koop Waglys
    • Nuus vir die Kleinfonteiner
    • Kleinfontein Gemeenskapsnuus
    • Kleinfontein Sosiale Media
    • Tshwane en Formalisering
    • Media verklarings
    • Die Voerkraal
    • Bankwese
    • Die Minimark
    • Kontrakteurs
    • Solidariteit Helpende hand Tak
    • Smitmed Apteek
    • Die Fijnmark
  • Ons Leef
    • Sport
      • Swem
      • Tennis
      • Rugby
      • Krieket
      • Netbal
      • Jukskei
    • Ons Plek Kleinfontein
  • Kontak Ons
Skakel in

Nuus

Media verklaring 29 April 2025

media 29 april

      

Welkom in Kleinfontein, onthou maar ...

reg van toegang raam

So voel Kleinfonteiners oor hulle tuiste

Media Verklaring 2 April 2025.

Media verklaring 2 April 2025.
Onredelike belastingverhogings en buitensporige boetes op Kleinfontein deur die stad Tshwane. 

Die Tshwane Metro het onlangs aansienlike belasting verhogings op eiendoms eienaars binne sy jurisdiksie opgelê, insluitend die Kleinfontein Kulturele nedersetting. Benewens hierdie verhogings is Kleinfontein ook verkeerdelik aan 'n boete belasting onderwerp weëns beweerde onbehoorlike grondgebruik registrasie.

Die onlangse voorgestelde roekelose herevaluering van die Kleinfontein gemeenskap se eiendom het gedeeltes met meer as 6 000% laat styg. As in ag geneem word dat die gemeenskap 'n groot bejaarde en hulpbehoewende bevolking het, dui hierdie voorstel daarop dat die Stad Tshwane nie omgee vir sy burgers nie.

Kleinfontein probeer al sedert 2012 die nedersetting by Tshwane regulariseer. Ten spyte van verskeie aansoeke,  vergaderings en pogings tot konstruktiewe gesprek is Kleinfontein se aktiewe aansoek steeds hangend.
Verandering in wetgewing het ook Kleinfontein wesenlik benadeel. Besoeke aan niks minder as (4) Burgemeesters van die stad Tshwane het ook net leë beloftes opgelewer.

Daar is geen regverdiging dat daar teen die inwoners van Kleinfontein gediskrimineer word en dat hulle gepenaliseer moet word vir ‘n owerheid en sy amptenare wat nie behoorlik prosesse volg nie en verantwoordelik is vir om die aansoek te finaliseer nie.

Dit is belangrik om te beklemtoon dat Kleinfontein geen munisipale dienste van Tshwane ontvang nie. Ons bestuur ons eie water, elektrisiteit, paaie en riool infrastruktuur sonder enige bystand van die Tshwane munisipaliteit of sy voorgangers. Ten spyte hiervan en ook groot finansiële uitgawes van die inwoners probeer Tshwane nou om buitensporige belastings op Kleinfontein op onregverdige en onredelike manier af te dwing.

Die Kleinfontein-gemeenskap kan nie die buitensporige en straf belasting wat deur die Stad Tshwane voorgestel word, aanvaar nie, maar bly oop vir sinvolle dialoog en bepleit regverdige behandeling. Voortgesette vertragings en gebrek aan kommunikasie van die Stad Tshwane sal egter die burgers wat binne Kleinfontein woon, geen ander keuse laat as om regstappe te neem nie.

Terwyl elke persoon en -aandeelhouer van Kleinfontein se regte voorbehou word, is opdrag aan regsverteenwoordiging reeds gegee om voort te gaan met die nodige stappe, sou die Stad Tshwane nie spoedig konstruktief reageer nie.

Navrae: Media @Kleinfontein.net

Kleinfontein in gesprek met Tshwane

Media berigte in die Rapport dat Kleinfontein en Tshwane nie met mekaar praat nie, is duidelik vals.

Screenshot 2025 03 19 123101

  1. Steve se nuwe lied Oranje op Kleinfontein verfilm
  2. Ons Plek Kleinfontein
  3. Ons winkel In Kleinfontein
  4. Solidariteit Helpende Hand Ons Plek

Page 3 of 7

  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
  • 6
  • 7

Opkomende Gebeure

26 Sep 2026;
12:00AM
Kleinfontein Karnaval

Ons Missie

Om die eiendom in sy besit in 'n leefruimte vir vryheidsliewende lede van die Boere-Afrikanervolk te ontwikkel, waar hulle alle fasette van hulle eiesoortige volksbestaan, waarvan hulle Christelike geloof, taal en kultuur die belangrikste is, vrylik, onbedreig en onverhinderd kan uitleef in 'n plaaslike welvarende ekonomie wat op volkseie arbeid gevestig is.