Kleinfontein
  • Tuis
    • Gebruikers Area
    • Wat is Ons
    • Word Deel
      • Verblyfreg
      • Akte van Oprigting
      • Interne reels
      • Kaart van Kleinfontein
      • Heffings en kostes
      • Word 'n Vriend van Kleinfontein
      • Kleinfontein Afriforum tak
    • Sluit nou aan
    • Maak 'n Donasie
    • Aftree-Oorde
      • Kareepark
      • Sorgsentrum
      • Wag-'n-bietjie
    • Woongebiede
      • Nedersetting
      • Wildpark
      • Houthuispark
      • Hoewes
      • Dagbreek
    • Eiendomme te Koop of te huur
    • Huur of Koop Waglys
    • Nuus vir die Kleinfonteiner
    • Kleinfontein Gemeenskapsnuus
    • Kleinfontein Sosiale Media
    • Tshwane en Formalisering
    • Media verklarings
    • Bankwese
    • Die Minimark
    • Kontrakteurs
    • Solidariteit Helpende hand Tak
  • Ons Leef
    • Sport
      • Swem
      • Tennis
      • Rugby
      • Krieket
      • Netbal
      • Jukskei
  • Kontak Ons
Skakel in

Nuus

Media verklaring 3 Mei 2025

3 Mei 2025 Media verklaring

Media Verklaring 1 Mei 2025

MEDIAVERKLARING

Datum: 1 Mei 2025

Onderwerp: Beplande EFF-optog na Kleinfontein – 'n Oproep tot Dialoog, nie Verdeeldheid nie

Dit blyk dat die EFF, ten spyte van ‘n onderneming deur ‘n afvaardiging om ‘n formele vergadering met Kleinfontein te reël, steeds van plan is om op 2 Mei 2025 na die kultuur gemeenskap van Kleinfontein op te mars.

Ons het ook ‘n brief aan die EFF gerig met ‘n beroep op dialoog eerder as verdeeldheid. Tot dusver het ons geen antwoord ontvang nie.

Verder wil dit voorkom asof die EFF beoog om tydens hul optog ‘n memorandum aan die Stad Tshwane te oorhandig. Dit bly egter onduidelik waarom die EFF dit nodig ag om teen Kleinfontein te betoog indien hul griewe by die Stad Tshwane lê – des te meer aangesien hulle, tesame met die ANC, Tshwane regeer.

Verskeie organisasies en individue het hul ondersteuning aangebied en aangedui dat hulle beplan om die gemeenskap in solidariteit te besoek tydens die optog. Ons bedank almal vir hul besorgdheid, maar bevestig dat die owerhede hul steun bevestig het en verbind is tot die veiligheid van die gemeenskap en eiendom. Beide die openbare orde-polisie en Tshwane Metropolisie sal teenwoordig wees.

Kleinfontein, wat privaat eiendom is, versoek dat alle media-personeel hul geldige persbewyse en positiewe identifikasie voorsien. Klik Media Registrasie vir aanlyn voorafregistrasie of besoek ons webwerf by www.kleinfontein.net.

Mediaregistrasie sal plaasvind by die besoekersingang vanaf 07:00 tot 09:00. ‘n Kort mediakonferensie sal om 09:00 plaasvind.

Stefan Wiese (HUB/CEO)


Namens die Kleinfontein gemeenskap

Tel: +27 12 802 1584 /  Media@ Kleinfontein.net

Media verklaring 29 April 2025

media 29 april

      

Welkom in Kleinfontein, onthou maar ...

reg van toegang raam

So voel Kleinfonteiners oor hulle tuiste

  1. Media Verklaring 2 April 2025.
  2. Kleinfontein in gesprek met Tshwane
  3. Steve se nuwe lied Oranje op Kleinfontein verfilm
  4. Ons Plek Kleinfontein

Page 2 of 7

  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
  • 6
  • 7

Opkomende Gebeure

No events

Ons Missie

Om die eiendom in sy besit in 'n leefruimte vir vryheidsliewende lede van die Boere-Afrikanervolk te ontwikkel, waar hulle alle fasette van hulle eiesoortige volksbestaan, waarvan hulle Christelike geloof, taal en kultuur die belangrikste is, vrylik, onbedreig en onverhinderd kan uitleef in 'n plaaslike welvarende ekonomie wat op volkseie arbeid gevestig is.